Krugerhuis | |
Krugerhuis
| |
Plek | Pretoria |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Openingsjaar | 1934 |
Tipe museum | Geskiedkundige huis |
Webtuiste | Ditsong: Kruger Museum |
Die Krugerhuis of Krugerhuismuseum is die historiese Pretoriase woning van die Afrikanerleier en president van die Zuid-Afrikaansche Republiek Paul Kruger. Die Krugerhuis is tans 'n biografiese huismuseum wat die tydperk waarin Paul Kruger geleef het, weerspieël. Die huis is in Kerkstraat 60, naby Kerkplein en die standbeeld van Paul Kruger geleë. Die museum bestaan uit die oorspronklike woning, twee uitstalsale en Kruger se amptelike treinwa.[1]