Kruietee is ’n drankie wat gemaak word deur kruie, speserye of ander plantmateriaal in warm water te laat trek en bevat gewoonlik nie kafeïen nie.[1] Dit word onderskei van ware tee (swart-, groen-, wit-, geel-, woeloengtee ens.) wat berei word van die teeplant, Camellia sinensis, sowel as van kafeïenvrye tee, waarvan die kafeïen verwyder is.
Soos gewone tee kan kruietee warm of koud voorgesit word. Kruietee word van die begin van die geskiedenis af genuttig, soos in Antieke Egipte en China.