'n Kuber-fisiese stelsel (KFS) is 'n stelsel waarin 'n meganisme deur rekenaargebaseerde algoritmes beheer of gemonitor word. In kuber-fisiese stelsels is die fisiese en sagtewarekomponente diep verweef, en in staat om op verskillende ruimtelike en temporale vlakke te werk, veelvuldige en duidelike gedragsmodaliteite te toon en met mekaar te kommunikeer op maniere wat met konteks kan verander.[1] Voorbeelde van KFS sluit in ‘n slim-eletrisiteitnetwerk, outonome motorstelsels, mediese monitering, industriële beheerstelsels, robotika-stelsels en outomatiese vliegtuie.
KFS behels transdissiplinêre benaderings, samesmeltingsteorie van kubernetika, megatronika, ontwerp en proseswetenskap.[2][3][4] Daar word dikwels na die prosesbeheer verwys as ingebedde stelsels. KFS is ook soortgelyk aan die Internet van Dinge en deel dieselfde basiese argitektuur. Nietemin bied KFS 'n hoër kombinasie en koördinasie tussen fisiese en rekenaar berekeningselemente.[5]
Voorgangers van kuber-fisiese stelsels kan gevind word in so uiteenlopende gebiede soos lug- en ruimtevaart, die motorindustrie, chemiese prosesse, siviele infrastruktuur, energie, gesondheidsorg, vervaardiging, vervoer, vermaak en verbruikersapparate.[6]
Kuber-fisiese stelsels is ‘n belangrike manifestasie van die samesmelting van tegnologieë wat die grense tussen die fisiese, digitale en biologiese sfere vervaag en die grondslag vorm van die Vierde Industriële Revolusie (4IR).