Kupido (maan)

Daar is ook ’n asteroïde met die naam "763 Cupido".
Kupido   
Ontdekking
Ontdek deur Mark R. Showalter en Jack J. Lissauer
Datum 25 Augustus 2003
Kleinplaneet-benamingUranus XXVII
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 74 392 km
Wentelperiode 0,618 d
Baanhelling 0,1° (tot Uranus se ewenaar)
Satelliet van Uranus
Fisiese eienskappe
Gem. radius ~9 km[1]
Oppervlakte ~1 000 km²
Volume ~3 000 km³
Massa ~3,8×1015 kg
Gem. digtheid ~1,3 g/cm³
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,0031 m/s²
Ontsnapping-
snelheid
~0,0076 km/s
Rotasieperiode Sinchronies
Ashelling 0
0,07 (veronderstel)
Temperatuur ~64 K

Kupido is ’n binnemaan van Uranus. Dit is in 2003 deur Mark R. Showalter en Jack J. Lissauer ontdek deur middel van die Hubble-ruimteteleskoop.[2] Dit is genoem na ’n karakter in William Shakespeare se toneelstuk Timon van Athene.[3]

Dit is die kleinste van Uranus se binnemane en het maar ’n deursnee van rofweg 18 km. Weens sy grootte en dowwe oppervlak het Voyager 2 se kameras dit nie waargeneem tydens sy verbyvlug in 1986 nie.

Kupido behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Perdita, Belinda en Portia insluit.[4] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[4] Kupido se wentelbaan verskil met met 863 km van dié van die groter Belinda.

Ná sy ontdekking het Kupido die voorlopige naam S/2003 U 2 gekry.[2] Dis word ook Uranus XXVII genoem.[3]

Kupido kan binne die volgende 10 miljoen tot 1 miljard jaar teen Belinda bots.[5]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Showalter Lissauer 2006
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named IAUC 8209
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Gazetteer
  4. 4,0 4,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Karkoschka, Hubble 2001
  5. "Uranus's colliding moons". astronomy.com. 2017. Besoek op 23 September 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne