Kursief

"Monotype Garamond" se kursief.[1]

Kursief, soms ook skuinsdruk genoem, is in tipografie ’n lettertipe wat op lopende skrif gebaseer is.[2][3] Vanweë die invloed van kalligrafie hel dit gewoonlik effens na regs oor. Kursief is ’n manier om klem op woorde of sinsnedes te lê. Dit word soms beskryf as die drukkersweergawe van onderstreepte woorde.[4] Kursiewe skrif is ook ’n sinoniem vir lopende skrif.[5]

In ware skuinsdruk lê die woorde skuins, maar die lettervorm verander nie – dié manier word deur talle skreeflose lettertipes gebruik.

  1. Warde, Beatrice (1926). "The 'Garamond' Types". The Fleuron: 131–179.
  2. Ewan Clayton (5 September 2013). The Golden Thread: The Story of Writing. Atlantic Books. pp. 104–6. ISBN 978-1-78239-034-3.
  3. Hoefler, Jonathan. "Italics Examined". Hoefler & Co. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2018. Besoek op 10 Februarie 2017.
  4. Truss, Lynne (2004), Eats, Shoots & Leaves: The Zero Tolerance Approach to Punctuation, New York: Gotham Books, p. 146, ISBN 1-59240-087-6 
  5. Woordeboek van die Afrikaanse Taal, [1] (intekening nodig).

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne