Die kwadraat (van Latyns: quadratus, vierkant) van 'n getal is die tweede mag van die getal. Die kwadraat word verkry deur die getal met homself te vermenigvuldig. As voorbeeld, die kwadraat van 6 is 6×6 = 36.
Die verband tussen kwadrate en vierkante word duidelik as mens dink dat die oppervlakte van 'n vierkant gelyk is aan die kwadraat van die lengte van die sye.
Voorbeelde:
- 1² = 1 × 1 = 1
- 3² = 3 × 3 = 9
- 12² = 12 × 12 = 144
- (−3)² = (−3) × (−3) = 9


Die inverse van die kwadraat van nie-negatiewe getalle is die vierkantswortel.
'n Aantal merkwaardige produkte bestaan uit kwadrate:



Dit is ook interessant dat die som van opvolgende onewe getalle die kwadrate lewer:
- 1² = 1
- 2² = 1 + 3
- 3² = 1 + 3 + 5
- 4² = 1 + 3 + 5 + 7
- 5² = 1 + 3 + 5 + 7 + 9
- 6² = 1 + 3 + 5 + 7 + 9 + 11
- 7² = 1 + 3 + 5 + 7 + 9 + 11 + 13
- ens.
Hierdie verhoudings kan ook geskryf word as:
- 1² = 1
- 2² = 1 + 1 + 2
- 3² = 1 + 1 + 2 + 2 + 3
- 4² = 1 + 1 + 2 + 2 + 3 + 3 + 4
- 5² = 1 + 1 + 2 + 2 + 3 + 3 + 4 + 4 + 5
- ens.
So is:
- 26² = 1 + 1 + 2 + 2 + 3 + 3 + ... + 25 + 25 + 26 = 25² + 25 + 26
Mens kan hierdie verhoudings maklik begryp deur die bybehorende vierkante te teken:
x x ... x o |
x x ... x o |
. . ... . . 26
x x ... x o |
o o ... o o |
<---25--->