Kwassa kwassa is 'n dans, geskep deur 'n werktuigkundige in Kinshasa van die Demokratiese Republiek van die Kongo in die 1980's. Die beweging begin deur die heupe heen en weer te beweeg, waar die hande dan dieselfde beweging as die heupe volg. Dit was baie gewild in Afrika.
Die dans was gewild gemaak deur soukous musiek videos, sowel as die video's van Kanda Bongo Man, Pepe Kalle, Viva La Musica, en ander Kongolese musikante. Vir die eerste keer in die Kongo het al die groepe aan hierdie dans deelgeneem, wat nie baie gebeur het nie omdat elke groep gewoonlik verkies het om sy eie unieke dans te hê.