Kwikskakelaar

'n Enkelpool, Enkelskakeling (EPES) kwikskakelaar

'n Kwikskakelaar is 'n skakelaar wat bedoel is om 'n elektriese stroom in 'n elektriese stroombaan te laat vloei of dit te onderbreek op so 'n wyse dat dit afhanklik is van die skakelaar se fisiese oriëntasie ten opsigte van die rigting van die aarde se swaartekrag.

Kwikskakelaars bestaan uit een of meer stelle kontakte in 'n verseëlde glashouer wat ook 'n druppel kwik bevat. Die houer kan verder ook lug, 'n inerte gas of 'n vakuum bevat. Swaartekrag trek die druppel kwik voortdurend na die laagste punt in die houer.

Wanneer die skakelaar gekantel word na 'n geskikte posisie, raak die kwik aan die stel kontakte en sluit daarmee die elektriese stroombaan. Deur die skakelaar in die teenoorgestelde rigting te kantel beweeg die kwik weg vanaf die kontakte en word die stroombaan gebreek. Die skakelaar kan veelvuldige kontakte bevat wat dit moontlik maak dat verskillende stelle kontakte by verskillende kantelhoeke geraak word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne