Labarna I | |
---|---|
![]() Silwerbak waarop Labarna genoem word.
| |
Amp | Koning van die Hetiete |
Opvolger | Hattoesili I |
Vrou | Tawannanna |
Kinders | Verskeie seuns |
Labarna was omstreeks die 17de eeu v.C. tradisioneel die eerste koning van die Hetiete. Hy was die tradisionele stigter van die Hetitiese Ou Koninkryk (fl. omstreeks 1680(?)-'50 v.C.).[1] Sy vrou was Tawannanna.
Sommige moderne geleerdes bevraagteken die bestaan van Labarna. Dit was ook die titel van vroeë Hetitiese heersers,[2] soos Hattoesili I. Omdat daar so min kontemporêre verwysings na Labarna persoonlik is, meen party geleerdes die eerste Hetitoloë het 'n fout gemaak toe hulle aangeneem het "Labarna" was die persoonlike naam van 'n koning. Volgens dié teorie was die eerste labarna (in die sin van 'n titel) Hattoesili I, wat gewoonlik as die tweede labarna beskou word.[3]
Tabarna, 'n variant van labarna, word dikwels genoem in Hattiese, Hetitiese, Horitiese en Akkadiese tekste in Hetitiese argiewe.[4]