Ladino

 
Ladino
גודיאו-איספאנייול Djudeo-espanyol, לאדינו Ladino
Gepraat in: Vlag van Israel Israel
Vlag van Turkye Turkye
Vlag van Frankryk Frankryk
Vlag van Griekeland Griekeland
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 
Gebied: Asië, Europa, Noord-Amerika
Totale sprekers: 137 000[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Romaans
  Wes-Romaans
   Gallo-Iberies
    Ibero-Romaans
     Wes-Iberies
      Spaans
       Ladino 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: geen
Gereguleer deur: Autoridad Nasionala del Ladino
Taalbedreigingstatus
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
   Veilig   

NENie bedreig nie
Dit is 'n erg bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: lad
ISO 639-3: lad 
Verspreiding van Ladino

Ladino is die taal van die Sefardiese Jode in hulle toenmalige vaderland Sefarad in Spanje van die 8ste tot die 15de eeu. Dit is 'n taal nou verwant aan Spaans waarin baie Hebreeuse woorde voorgekom het (soortgelyk aan die Germaanse taal Jiddisj wat nou verwant is aan Duits).


Tydens die heerskappy van die Arabiere van Spanje in de 7de eeu mag Jode net soos Katolieke en Moslems hulle eie geloof beoefen. Ladino vier hoogty op literêre gebied.

Deur die opkoms van die inkwisisie van die Rooms-Katolieke Kerk word die Jode in 1492 gedwing om hulle tot Katolisisme te bekeer. Baie ontvlug daarom Spanje en vestig hulle onder andere in die Balkan, Turkye, die Midde-Ooste en in Noord-Afrika, waar die taal verder ontwikkel.

In die twintigste eeu neem die aantal sprekers drasties af. Groot groepe Sefardiese Jode word in die Joodse volksmoord (Holocaust) tydens die Tweede Wêreldoorlog vermoor. Oorblywende Sefardiese Jode immigreer na Israel, waar hulle Iwrit ('n moderne vorm van Hebreeus) as die taal van hulle nuwe vaderland aanneem.

Ladino word as minderheidstaal nog in Israel, Marokko en op die Balkan gepraat, maar meestal deur ouer mense, wat die taal nie meer oordra aan hulle nageslagte nie. In enkele Latyns-Amerikaanse lande word Ladino ook nog binne Sefardiese gemeenskappe gepraat.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Ladino" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2019. Besoek op 3 September 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne