Subklas van | ballistiese missiel duikboot![]() |
---|---|
Datum van stigting of ontstaan | 1962![]() |
Kort naam | Lafayette![]() |
Vernoem na | USS Lafayette![]() |
Land van oorsprong | Verenigde State![]() |
Operateur | Amerikaanse Vloot![]() |
Vervaardiger | General Dynamics Electric Boat![]() |
Die Lafayette-klas duikboot is 'n kernaangedrewe klas duikbote van die Amerikaanse Vloot wat ballistiese missiele gedra het en ontwikkel is uit die Ethan Allen-klas. Daar is nege duikbote in die klas in diens gestel wat oor 'n 18 maande periode geskied het vroeg in 1963. Die eerste duikboot, USS Lafayette, is op 4 Januarie 1964 in diens gestel. Oor die volgende drie jaar het die Lafayette vyftien patrollies voltooi. Haar 15de patrollie was ook die 400ste patrollie deur die duikbote wat Polaris-missiele gedra het. Die jaar daarna was sy na Newport Dry Dock Company waar sy opgradering ondergaan het, dit het bykans 'n jaar geneem.
Die duikboot USS James Monroe, van hierdie klas, aanvanklik toegerus met Polaris A-2 missiele, was opgradeer en toegerus met Polaris A3-missiele.
Nog 'n ontwikkeling in hierdie klas het plaasgevind toe die Trident I ballistiese missiel beskikbaar geword het. Die Trident was ontwikkel om deur die Ohio-klas duikboot gedra te word, maar die Ohio-klas was sou eers in 1979 beskikbaar wees. Ses van die Lafayette-klas duikbote is aangepas om die Trident te dra. Dit het verseker dat hierdie klas oor drie dekades diens kon doen. Die eerste duikbote in die klas is in die laat 1980's uit diens onttrek en die laaste in 1994.