Lamine Yamal

Lamine Yamal

Yamal in 2024
Persoonlike inligting
Gebore13 Julie 2007 (2007-07-13) (17 jaar oud)
GeboorteplekBarcelona, Katalonië, Spanje
Lengte1.80 m[1]
SpeelposisieWinger
Klubinligting
Huidige klubBarcelona
Nommer19
Jeugloopbaan
2012–2014La Torreta
2014–2023Barcelona
Seniorloopbaan*
JareSpanKere(Doele)
2023Barcelona B1(0)
2023–Barcelona58(10)
Nasionale span
2021Spanje o/156(3)
2022Spanje o/164(1)
2022–2023Spanje o/1710(8)
2022Spanje o/191(0)
2023–Spanje17(3)
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga. en korrek soos op 23:33, 9 Februarie 2025 (UTC).

† Kere uitgedraf (Doele).

‡ Nasionale spankere en -doele korrek soos op 23:48, 12 Oktober 2024 (UTC)

Lamine Yamal Nasraoui Ebana (gebore 13 Julie 2007 in Esplugues de Llobregat, Barcelona) is ’n Spaanse professionele sokkerspeler wat as regtervleuel vir die La Liga-klub FC Barcelona en die Spaanse nasionale span speel. Hy staan bekend vir sy spoed, dribbelwerk, uitstekende passings en vermoë om akkurate en kragtige afstandskote te neem. Yamal word wyd beskou as een van die beste jong sokkerspelers ter wêreld.[2]

Sy pa is van Marokko en sy ma is van Ekwatoriaal-Guinee.[3]

Lamine het op 8 September 2023 sy senior debuut vir Spanje teen Georgië gemaak en in die 74ste minuut aangeteken. Op die ouderdom van 16 jaar en 57 dae oud het hy die jongste speler en doelskieter vir Spanje geword.[4]

Aan die einde van die 2024 UEFA Europa-beker is Yamal as die Jong Speler van die Toernooi aangewys. Spanje se 2–1 oorwinning oor Engeland in die eindstryd het hom die jongste speler gemaak om die Europese kampioenskap te wen.[5]

  1. "Lamine Yamal". FC Barcelona. Besoek op 13 Oktober 2024.
  2. Lamine Yamal fcbarcelona.com Geargiveer
  3. Who are Lamine Yamal’s parents Mounir Nasraoui and Sheila Ebana? The Sun (14 Augustus 2024) Geargiveer
  4. Barcelona's Lamine Yamal scores on record-breaking Spain debut espn.co.uk (8 September 2024) Geargiveer
  5. 'Superstar' Yamal makes more history with Euros triumph BBC (13 Julie 2024) Geargiveer

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne