Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Lamivudien (chemies 2',3'-dideoksi-3'-tiasitidien, algemeen bekend as 3TC) behoort tot die klas teenretrovirale middels bekend as nukleosied trutranskriptase remmers (NRTIs), wat die ensiem trutranskriptase blokkeer, 'n ensiem wat onmisbaar is vir virusvoortplanting.