![]() | |
---|---|
Ekonomie van Frankryk | |
|
Die landbou in Frankryk trek voordeel uit die feit dat 'n relatief groot deel van die Franse oppervlak geskik is landbou (sowat 0,5 hektaar per inwoner) en daarnaas uit die geografiese ligging teen die 45ste breedtegraad en gunstige klimaattoestande, wat die verbouing van sowel Noord-Europese asook Mediterreense kultivare moontlik maak. Daarnaas lewer die oorsese départements en gebiede groot hoeveelhede tropiese produkte soos suikerriet, piesangs, vrugte en blomme. Hierdie besonderhede maak van Frankryk dan ook die vernaamste landbounasie in die Europese Unie. Die belangrikste landbouprodukte is graan (koring, mielies) en suiker, wyn, melk en suiwelprodukte, vrugte en groente, vee en vleisprodukte. Die laasgenoemde sektor ly egter onder 'n aantal opeenvolgende krisisse soos BSE en voëlgriep.
Die landbousektor verskaf werk aan 3,6 persent van die totale Franse beroepsbevolking. Ingevolge die gemeenskaplike landboubeleid van die Europese Unie is die Franse landboubedryf voortdurend gemoderniseer, wat die behoefte aan mannekrag steeds verminder het. 'n Sterk landbounywerheidsektor steun die landbouaktiwiteite in die land.