Lando Norris

Lando Norris
Lando Noris, 2020
Lando Noris, 2020
Geboortedatum 13 November 1999 (1999-11-13) (25 jaar oud)
Geboorteplek Bristol, Verenigde Koninkryk
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Brit
Span in 2024 McLaren-Mercedes
Span in 2025 McLaren-Mercedes
Motornommer 4
Inskrywings 128 (128 begin)
Kampioenskappe 0
Oorwinnings 4
Podiums 26
Loopbaanpunte 1007
Voorste wegspronge 9
Vinnigste rondtes 12
Eerste F1-wedren 2019 Australiese Grand Prix
Eerste wen 2024 Miami Grand Prix
Laaste wen 2024 Aboe Dhabi Grand Prix
Laaste inskrywing 2024 Aboe Dhabi Grand Prix
Laaste seisoen 2024
Verlede jaar plek 2de (374 punte)

Lando Norris (* 13 November 1999) is 'n Brits-Belgiese professionele motorrenjaer wat tans vir die McLaren-span aan Formule Eenrenne deelneem en onder die Britse vlag jaag. Hy het die MSA Formule-kampioenskap in 2015 gewen, en die Toyota Racing-reeks, Eurocup Formule Renault 2.0 en Formule Renault 2.0 Noord-Europese Beker in 2016. Hy het ook daardie jaar die McLaren Autosport BRDC-toekenning ontvang. Hy het daarna die 2017 FIA Formule 3 Europese Kampioenskap gewen. Hy was 'n lid van die McLaren Jongbestuurderprogram.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne