Larry Fink

Larry Fink in 2010.

Laurence Douglas Fink (gebore 2 November 1952) is 'n Amerikaanse miljardêr-sakeman. Hy is die voorsitter en uitvoerende hoof van BlackRock, 'n Amerikaanse multinasionale beleggingsbestuurskorporasie.[1] BlackRock is die grootste geldbestuursfirma ter wêreld met meer as US$10 triljoen se bates onder bestuur,[2][3] wat die firma enorme mag oor die globale finansiële stelsel gee.[4] In April 2022 is Fink se netto waarde geskat op VS$1 miljard volgens Forbes Magazine.[5] Hy sit op die direksies van die Raad vir Buitelandse Betrekkinge en die Wêreld Ekonomiese Forum.[6][7]

  1. "Profile: Laurence D. Fink". Forbes. 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2010. Besoek op 26 Januarie 2010.
  2. Podder, Sohini; Krauskopf, Lewis (14 Januarie 2022). "BlackRock assets cross $10 trillion, revenue slightly misses". Reuters.com. Besoek op 18 Januarie 2022.
  3. Suzanna Andrews: Larry Fink's $12 Trillion Shadow, Vanity Fair, April 2010
  4. "BlackRock hits record $6 trillion assets, helped by Trump tax law". Reuters (in Engels). 12 Januarie 2018. Besoek op 12 Junie 2020.
  5. "Larry Fink - 2022 Billionaires Net Worth". Forbes (in Engels). Besoek op 4 Mei 2022.
  6. "Board of Trustees", World Economic Forum
  7. "Board of Directors", Council on Foreign Relations

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne