Le Corbusier

Le Corbusier
Le Corbusier in 1964
Gebore6 Oktober 1887
La Chaux-de-Fonds, Switserland
Sterf27 Augustus 1965 (op 77)
Roquebrune-Cap-Martin, Frankryk
NasionaliteitVlag van Switserland Switserland
Vlag van Frankryk Frankryk
Beroepargitek, ontwerper, skilder, stadsbeplanner, skrywer
Bekend virVilla Savoye, Poissy
Villa La Roche, Parys
Unité d'habitation, Marseilles
Notre Dame du Haut, Ronchamp
Geboue in Chandigarh, Indië
Handtekening

Charles-Édouard Jeanneret-Gris (6 Oktober 188727 Augustus 1965), wat gekies het om as Le Corbusier (Frans: [lə kɔʁbyzje]) bekend te staan, was 'n Switsersgebore argitek en skrywer wat beroemd is vir sy bydraes tot wat nou bekend staan as Moderne Argitektuur. Hy word as beide Switsers en Frans beskou nadat hy in die 1930's 'n Franse burger geword het.

Hy was 'n pionier in teoretiese studies van moderne ontwerp en het hom toegewy tot die verskaffing van beter lewensomstandighede vir die inwoners van digbevolkte stede. Sy loopbaan het oor vyf dekades gestrek met ikoniese ontwerpe wat oral in Europa, Indië, Rusland gebou is en met twee strukture elk in Nood- en Suid-Amerika. Hy was ook 'n stadsbeplanner, skilder, beeldhouer, skrywer en ontwerper van moderne meubels.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne