Le Monde se 100 boeke van die eeu

Die 100 boeke van die eeu is 'n lys met die beste boeke van die twintigste eeu, soos deur die Franse publiek gekies. Die lys is in die lente van 1999 saamgestel deur 'n openbare peiling wat deur die Franse handelaar Fnac en die Parys-koerant, Le Monde geloods is.

Aanvanklik is 'n voorlopige lys van 200 titels deur boekwinkels en joernaliste opgestel. 17000 Franse het gestem deur op die vraag: "Watter boeke het jou bygebly?" te reageer (« Quels livres sont restés dans votre mémoire ? »).[1]

Die eerste vyftig werke op die lys was die onderwerp van 'n opstel deur Frederic Beigbeder, getiteld Die laaste inventaris voor likwidasie, waarin hy veral aandag aan die Franse waardes en karakter geskenk het.


  1. Écrivains et choix sentimentaux Geargiveer 27 Mei 2012 op Wayback Machine, Josyane Savigneau, Le Monde, 15 Oktober 1999. (fr)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne