Le Triomphant-klas duikbote

Le Triomphant-klas duikbote
submarine class
Subklas vanballistiese missiel duikbootWysig
Datum van stigting of ontstaan1994Wysig
Kort naamLe TriomphantWysig
Vernoem naTriomphantWysig
Voorafgegaan deurRedoutable-class submarineWysig
Land van oorsprongFrankrykWysig
OperateurFranse VlootWysig
VervaardigerNaval GroupWysig

Die Le Triomphant-klas duikbote is kernaangedrewe duikbote van die Franse Vloot wat ballistiese missiele dra.

Die klas bestaan uit vier duikbote waarvan die eerste duikboot, Le Triomphant, in 1997 afgelewer is. Die ander in die klas, Le Temeraire, Le Vigilant en Le Terrible is onderskeidelik in 1999, 2004 en 2010 afgelewer. Die duikbote is deur Direction des Constructions et Armes Navales (DCN) in Cherbourg skeepswerf gebou.

Hierdie duikbote dra 16 vertikaalgelanseerde M54 ballistiese missiele, elk toegerus met ses kernplofkoppe. Elke plofkop is ekwivalent aan 147 638 ton TNT. In 2010 is die TN 75 plofkop in gebruik geneem en was selfs nog kragtiger. Hulle reikafstand is ook verbeter tot 8 047 km.

Dit is interessant dat Frankryk meer fondse in die ontwikkeling van ballistiese missiele belê het terwyl die ander lande die teenoorgestelde pad geloop het; die Koue Oorlog was immers verby. Die Le Triomphant-klas het saamgeval met die verskyning van die Britse Vanguard-klas duikbote.

Die tweede duikboot in die klas Le Temeraire is in Januarie 2000 in diens gestel, Le Vigilant in 2005 en Le Terrible in 2010. Dié klas is toegerus met vier 533 mm torpedobuise wat torpedos en Excocet-missiele kan afvuur.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne