LEED (Engels vir Leadership in Energy and Environmental Design) is 'n puntestelsel wat in 1998 deur die VSA se Green Building Council (USGBC) opgestel is om geboue mee te beoordeel. Dit maak 'n stel standaarde vir die omgewingsvriendelike en onderhoubare konstruksie van geboue beskikbaar.