Leeuwarden Leewarden / Liwwadden Ljouwert | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Die Waag van Leeuwarden | |
Ligging van Leeuwarden in Friesland-provinsie | |
Kaart van Leeuwarden-munisipaliteit | |
Koördinate: 53°12′N 5°48′O / 53.200°N 5.800°O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Friesland |
Regering | |
• Burgemeester | Sybrand van Haersma Buma (CDA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 170,23 km2 (65,73 vk. myl) |
• Land | 154,41 km2 (59,62 vk. myl) |
• Water | 15,82 km2 (6,11 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 124 499 |
• Digtheid | 731/km2 (1 890/vk. myl) |
1 Januarie 2021 | |
Tydsone | UTC+1 (IST) |
• Somertyd | UTC+2 (IDT) |
Poskode | 8495, 8901–8903, 8911–8919, 8921–8927, 8931–8939, 8941, 9001, 9003–9009, 9011, 9051, 9053–9057, 9071, 9079, 9081–9089 |
Skakelkodes | 058 |
Bestuurlike sentrum | Leeuwarden (stad) |
Webwerf | www.leeuwarden.nl |
Leeuwarden (Wes-Fries: Ljouwert) is die hoofstad van die Nederlandse provinsie Friesland. Die munisipaliteit het sowat 124 000 inwoners (2021).
In 2014 is die munisipaliteit Boarnsterhim gedeeltelik en in 2018 die hele munisipaliteit Leeuwarderadeel en die munisipaliteit Littenseradiel gedeeltelik toegevoeg.
In 1435 is drie dorpe aan die Middelsee – Oldehove (Wes-Fries: Aldehou), Nijehove (Nijehou) en Hoek tot Leeuwarden saamgevoeg, wat in dieselfde jaar ook stadstatus toegeken is.
Leeuwarden spog met 'n pragtige binnestad en talle historiese geboue, wat tussen die Middeleeue en die 19de eeu ontstaan het. Besienswaardighede sluit die Grote Kerk (Jakobynekerk) uit die 15de eeu, die Oldehove-toring uit die 16de eeu, die Prinsessehof uit die 17de eeu, die Raadsaal van 1715, die Provinsiehuis (18de eeu), die Sint-Bonifatius-kerk (19de eeu), die Paleis van Justisie (1846), die Beurs (1880) en die Friesiese Letterkundige Museum (1883) in.
Die Prinsetuin is die park aan die noordekant van Leeuwarden se binnestad.
Leeuwarden beskik oor 'n professionele sokkerspan: SC Cambuur.