Leinster | ||||
Unie | Ierse Rugbyvoetbalunie | |||
Stigting | 1879 | |||
Stadion | RDS Arena, Dublin Aviva-stadion, Dublin | |||
Kapasiteit | 18 500 51 700 | |||
Afrigter(s) | ![]() | |||
Kaptein(s) | ![]() | |||
Liga(s) | Guiness Pro14 | |||
2017-’18 | Kampioen (2de na rondomtalie) | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 257 Gordon D’Arcy | |||
Meeste punte | 1 538 Jonathan Sexton | |||
Meeste drieë | 69 Shane Horgan | |||
Amptelike webwerf | ||||
www.leinsterrugby.ie |
Leinster Rugby ((ga) Rugbaí Laighean) is een van die vier professionele rugbyspanne op die Ierse eiland. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker. Die span verteenwoordig die IRVU Leinster-tak, wat een van die vier hooftakke van die IRVU is, en is verantwoordelik vir rugby in die geografiese provinsie van Leinster. Leinster is die suksesvolste van die Ierse spanne.
Leinster se tuiswedstryde word op die RDS Arena en die Aviva-stadion, wanneer die RDS nie voldoende is nie,[1] in Dublin gespeel en daar is plek vir onderskeidelik 18 500 en 51 700 toeskouers. Voordat die RDS Arena in 2005 Leinster se tuisveld geword het, was Donnybrookstadion die tuisveld. Die span speel hoofsaaklik in blou en die span se wapen bestaan uit ’n harp, na aanleiding van die vlag van Leinster, binne ’n rugbybal.
Leinster het, soos die ander Ierse spanne, in 1995 professioneel geword en neem sedert 2001 aan die Pro14 en sy verskeie voorgangers (naamlik Pro12, Magners-liga en Keltiese Liga) deel en hulle het daarvoor om die Ierse provinsiale kampioenskap meegeding.[2] ”Leinster A” neem aan die Britse en Ierse Beker deel. Leinster het reeds vier keer die Pro14 gewen en was drie keer die Europese kampioene.