Lens | |
---|---|
Stad | |
![]() 'n Uitsig oor Lens | |
![]() Lens se ligging in die oostelike gedeelte van die département Pas-de-Calais | |
Koördinate: 50°25′56″N 2°50′00″O / 50.43222°N 2.83333°O | |
Land | ![]() |
Gewes | ![]() |
Département | ![]() |
Arrondissement | Lens |
Kanton | Lens-Noordoos, Lens-Noordwes, Liévin-Noord, Liévin-Suid |
Regering | |
• Burgemeester | Sylvain Robert |
Oppervlak | |
• Totaal | 11,7 km2 (4,5 vk. myl) |
Hoogte | 27–71 m (89–233 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 31 461 |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (MEST) |
Poskode | 62498/62300 |
Skakelkodes | 62498 |
Webwerf | villedelens.fr |
Lens (Frans: [lɑ̃s], ; Pikardies: Linse) is 'n stad in die Franse département Pas-de-Calais sowat 200 kilometer noord van Parys en 35 kilometer suid van Lille. Die snelweë ("autoroutes") A1 en A211 verbind Lens met hierdie twee metropole. Saam met sy buurstad Liévin vorm Lens 'n agglomerasie wat deel uitmaak van 'n metropolitaanse gebied (Frans: aire urbaine) rondom Douai met sowat 550 000 inwoners.
Die plaaslike steenkoolvelde wat vroeër Lens se ekonomiese basis gevorm het, speel al lank nie meer 'n belangrike rol nie.