Leo VI | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
![]() ’n Mosaïek in die Aya Sophia wat Leo VI uitbeeld waar hy aanbid.
| |
Bewind | 29 Augustus 886 – 11 Mei 912 |
Bynaam | Leo die Wyse |
Dinastie | Masedoniese |
Gebore | 19 September 866 |
Oorlede | 11 Mei 912 |
Voorganger | Basilius I die Masedoniër |
Opvolger | Alexander |
Eggenote | Theophano, Zoe Zaoutzaina, Eudokia Baïana, Zoe Karbonopsina |
Kinders | Eudokia, Anna, Anna, Basil, Konstantyn VII |
Vader | Basilius I of Michael III |
Moeder | Eudokia Ingerina |
Leo VI of Leo die Wyse (Grieks: Λέων ΣΤ΄ ὁ Σοφός, Leōn VI ho Sophos; 19 September 866 – 11 Mei 912) was die Bisantynse keiser van 886 tot 912. Hy was die tweede heerser van die Masedoniese Dinastie, hoewel sy afkoms onseker is. Hy was goed belese, vandaar sy bynaam.
Tydens sy bewind is die renaissance van die kunste wat onder sy pa begin het, voortgesit, maar die ryk het verskeie militêre nederlae gely in die Balkan teen Bulgarye en teen die Arabiere in Sisilië en aan die Egeïese See.