Leo I | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Bewind | 457–474 n.C. |
Volle naam | Flavius Valerius Leo Augustus |
Dinastie | Thraciese |
Gebore | 401 |
Oorlede | 18 Januarie 474 |
Voorganger | Marcianus |
Opvolger | Leo II |
Eggenote | Verina |
Kinders | Ariadne, Leontia, ’n seun (op vyf maande dood) |
Leo I (Latyn: Flavius Valerius Leo Augustus, Grieks: Λέων Α′; 401 – 18 Januarie 474) was die Bisantynse keiser van 457 tot 474. Hy was ’n boorling van Dacia Aureliana naby Thracië en was ook bekend as Leo die Thraciër.
In sy 20 jaar as keiser was Leo ’n goeie heerser en het hy baie ambisieuse politieke en militêre planne deurgevoer – die meeste om die kwynende Wes-Romeinse Ryk te help en dié se eertydse grondgebied terug te wen. Hy was die eerste Bisantynse keiser wat wette in Grieks gemaak het in plaas van Latyn.[1] Leo I is ’n heilige in die Oosters-Ortodokse Kerk. Sy feesdag is 20 Januarie.[2][3]