Leonidas I | |
---|---|
Koning van Sparta | |
Leonidas I van Sparta in 'n skildery deur Jacques-Louis David
| |
Vorstehuis | Agiad |
Titels | Koning van Sparta |
Regeer | 489 v.C. – 480 v.C. |
Voorganger | Kleomenes I |
Opvolger | Pleistarchos |
Gebore | 540 v.C.; Sparta |
Oorlede | 480 v.C.; Thermopylae |
Eggenoot | Gorgo |
Kinders | Pleistarchus |
Vader | Anaxandridas II |
Moeder | onbekend |
Gosdiens | Griekse politeïsme |
Leonidas (Grieks: Λεωνίδας, Leōnidas, letterlik: van of soos 'n leeu) was 'n koning van Sparta, die 17de in die Agiade-stamlyn, en een van die seuns van koning Anaxandridas II, wat mitologies beskou is as 'n afstammeling van Herakles, van wie hy krag en heldemoed sou geërf het. Alhoewel dit vasgestel is dat koning Leonidas in Augustus 480 v.C. met die Veldslag van Thermopylai gesterf het, is min bekend omtrent sy geboortejaar en vormingsjare. Paul Cartledge het die geboortejaar van koning Leonidas na omstreeks 540 v.C. nagespeur.
Leonidas was een van drie broers. Sy ouer broer was Dorieos en sy jonger broer Kleombrotos, wat ná Leonidas se dood vir 'n tyd die amp van regent ingeneem het, voor die regentskap oorgeneem is deur Pausanias, die seun van Kleombrotos. Leonidas het sy halfbroer Kleomenes I opgevolg, moontlik in 489 of 488 v.C., en was getroud met Kleomenes se dogter, Gorgo. Sy naam het heldestatus verwerf vanweë die gebeure by Thermopylai.