Leonidas Kavakos | |
---|---|
![]() | |
Gebore | 30 Oktober 1967 |
Beroep | Violis, dirigent |
Leonidas Kavakos (Grieks: Λεωνίδας Καβάκος; gebore op 30 Oktober 1967) is 'n Griekse violis en dirigent. Hy het as violis reeds verskeie pryse tydens internasionale vioolkompetisies gewen, insluitende die Internasionale Jean Sibelius Vioolkompetisie, Paganini Kompetisie en Internasionale Vioolkompetisie van Indianapolis. Hy het ook opnames gemaak vir plate-etikette soos Sony/BMG en BIS Records. As dirigent was hy artistieke direkteur van die Camerata Salzburg en ook 'n gasdirigent van die Londen Simfonieorkes en Boston Simfonieorkes.[1][2]