Levy Mwanawasa | |
Levy Mwanawasa in 2006 | |
Ampstermyn 2 Januarie 2002 – 19 Augustus 2008 | |
Vise | Enoch Kavindele Nevers Mumba Lupando Mwape Rupiah Banda |
---|---|
Voorafgegaan deur | Frederick Chiluba |
Opgevolg deur | Rupiah Banda |
4de Adjunkpresident van Zambië
| |
Ampstermyn 7 November 1991 – 3 Julie 1994 | |
President | Frederick Chiluba |
Voorafgegaan deur | Amp heringestel |
Opgevolg deur | Godfrey Miyanda |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Levy Patrick Mwanawasa 3 September 1948 Mufulira, Loangwa, Noord-Rhodesië (nou Zambië) |
Sterf | 19 Augustus 2008 (op 59) Clamart, Frankryk |
Politieke party | MMD |
Eggenoot/-note | Maureen Mwanawasa |
Kind(ers) | 7 |
Levy Patrick Mwanawasa (3 September 1948 – 19 Augustus 2008) was Zambië se derde president wat die land geregeer het van Januarie 2002 tot sy dood in 2008.
Sy voorganger was Frederick Chiluba en sy opvolger Rupiah Banda, wat adjunkpresident ten tyde van sy dood was en waargeneem het tot hy tydens 'n buitengewone presidentsverkiesing op 30 Oktober 2008 tot dié amp verkies is. Mwanawasa se grootste bydrae was sy pogings om korrupsie uit te wis. Hy het van 1991 tot 1994 as adjunkpresident gedien. Hy was ook parlementslid van die Movement for Multi-Party Democracy vir die kiesafdeling Chifubu. In 1996 daag hy Chiluba uit om die presidentskap van die MMD, maar tree uit die politiek toe hy die aftog moes plaas en tree eers weer toe tot die openbare lewe toe die party hom in Augustus 2000 as kandidaat verkies vir die presidentsverkiesing op 27 Desember 2001, wat hy wen met net 29% van die stemme.