Lhotse | |
---|---|
Die suidelike wand van Lhotse soos vanaf Chukhung Ri gesien
| |
Ligging | Tibet (Volksrepubliek China) en Khumbu (Nepal) |
Hoogte | 8 516[1] meter bo seevlak |
Prominensie | 610[2] |
Reeks | Himalaja |
Koördinate | 27°57′48″N 86°56′00″O / 27.96333°N 86.93333°O |
Eerste bestyging | 18 Mei 1956 |
Eerste bestyger(s) | Fritz Luchsinger Ernst Reiss |
Maklikste roete | Gletser/sneeu/ys-klim |
Lhotse (Nepalees: ल्होत्से; Chinees: 洛子峰; Pinyin: Luòzǐ Fēng; Tibettaans: ལྷོ་རྩེ) is 'n berg in die Himalaja wat op die grens tussen Nepal en Tibet (Volksrepubliek China) geleë is. Met 'n hoogte van 8 516 meter is dit die vierde hoogste berg van Asië en die wêreld ná Berg Everest, K2 en Kangchenjunga. Lhotse is 'n naburige berg van Berg Everest en is deur Everest se suidelike selle 7 986 m met hom verbind.
Die Tibettaanse naam van die berg beteken "suidelike piek" en verwys ná die berg se affiliasie tot die Everest-massief.