Liaoning (vliegdekskip)

Liaoning (vliegdekskip)
Naam Liaoning
Klas en tipe Tipe 001 vliegdekskip
Bouers Nikolajef-Suid (Swartseewerf)
Gebruik deur Rooi Chinese Vloot
Boudatum 1985–1988
Datum neergelê 6 Desember 1985
Tewaterlating 4 Desember 1988
Aantal voltooi 1
In diens gestel 25 September 2012
In gebruik 1
Lot Aktiewe diens
Tuishawe Dalian
Verplasing 67 500 ton (volvrag)
Lengte 304,5 m (vliegdek)
270 m (waterlyn)
Wydte 75 m (vliegdek)
35 m (waterlyn)
Diepgang 8,97 m
Spoed 32 kn (59 km/h)
Bemanning 1 960 (skip)
626 (lugvleuel)

Die Liaoning (Chinees: 中国人民解放军海军辽宁舰), is 'n vliegdekskip van die Chinese Vloot. Die skip is na die provinsie Liaoning vernoem, waar sy bouwerk voltooi is. Dit dra die Chinese aanduiding Tipe 001. Die skip is in 2012 in diens gestel, maar toe nog sonder vliegtuie. In 2013 word die gewenste vliegtuigtipe, die Shenyang J-15, asook 'n aantal helikopters, op die vliegdekskip ontplooi.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne