LibreOffice

LibreOffice
Kort opsomming van die logo.

Ontwikkelaar Die Document Foundation
Bedryfstelsel Microsoft Windows, Mac OS X, Linux
Kategorie Kantoorpakket
Lisensie LGPL 3 met nuwe bydraes ook beskikbaar onder die Mozilla Public License 2
Webblad https://www.libreoffice.org

LibreOffice is 'n vrye sagteware kantoorpakket ontwikkel deur die Document Foundation as 'n vertakking van OpenOffice.org. Dit is versoenbaar met ander bekende kantoorpakkette insluitend Microsoft Office en IBM Lotus, en is beskikbaar op 'n verskeidenheid bedryfstelsels. Die ontwikkelaars se doel is om 'n ondernemer-onafhanklike kantoorpakket met ODF-ondersteuning te verskaf. Die naam is 'n saamgestelde woord met die eerste deel Libre, wat vry beteken (soos in vryheid) in beide Spaans en Frans, en die Engelse woord Office. Die Document Foundation beoog om nuwe weergawes van LibreOffice vry te stel een keer elke ses maande en uiteindelik in lyn met die Maart / September skedule van die ander belangrike vrye sagteware projekte.[1]

LibreOffice 3.3 is reeds meer as 1,3 miljoen keer afgelaai[2] van die internet en is die standaard-kantoorpakket van Ubuntu,[3] Linux Mint,[4] Fedora[5] en openSUSE.[6]

  1. http://wiki.documentfoundation.org/ReleasePlan
  2. http://blog.documentfoundation.org/2011/03/28/six-months-of-freedom-and-community/
  3. http://www.ubuntu.com/ubuntu/features/office-applications
  4. http://www.h-online.com/open/news/item/Linux-Mint-11-Katya-released-1250921.html
  5. http://fedoraproject.orgview_html.php?sq=Facebook&lang=af&q=Features/LibreOffice
  6. http://news.opensuse.org/2011/03/07/opensuse-11-4-will-be-first-to-roll-out-with-libreoffice/

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne