Life of Pi

Life of Pi
SkrywerYann Martel
LandVlag van Kanada Kanada
TaalEngels
GenreFiksie
UitgewerKnopf Canada
Uitgegee11 September 2001 (Kanada)
MediumDruk (gebind & sagteband)
ISBN0-676-97376-0
Voorloper Self
VervolgBeatrice and Virgil

Life of Pi is 'n fantastieke avontuurroman van die Kanadese skrywer Yann Martel wat die eerste keer in 2001 gepubliseer is. Die roman se hoofkarakter, Piscine Molitor "Pi" Patel, oorleef 227 dae lank in 'n klein reddingsboot nadat die res van sy familie omgekom het in 'n skipbreuk. Sy metgesel gedurende daardie tydperk is 'n Bengaalse tier by die naam van Richard Parker. Martel gebruik talle ongeloofwaardighede in sy narratief om Life of Pi te omskep in 'n allegorie wat die hipotese oor God se bestaan sterk ondersteun.

Daar is alreeds meer as tien miljoen eksmeplare van hierdie roman verkoop, en dit is in 2002 bekroon met die Booker-prys vir fiksie in die Britse Statebond. In Suid-Afrika is dit in 2003 bekroon met die Exclusive Books Boeke Prys, wat in Afrikaans sinspeel op die naam van die meer bekende Engelse Booker-prys.

Die regisseur Ang Lee het in 2012 'n rolprentverwerking van hierdie roman op die silwerdoek vrygestel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne