Ligsterk blou veranderlike

Die ligsterk blou veranderlike AG Carinae (foto deur Hubble).

Ligsterk blou veranderlikes (LBV's) is baie swaar veranderlike sterre met onvoorspelbare en soms drastiese wisselings in beide hul spektra en helderheid. Hulle is ook bekend as S Doradus-veranderlikes, na S Doradus, een van die helderste sterre van die Groot Magellaanse Wolk. Hulle is baie skaars – net 20 voorwerpe kom as SDor voor in die Algemene Katalogus van Veranderlike Sterre,[1] en ’n paar van hulle word nie meer as LBV's beskou nie.

  1. "GCVS Variability Types" (in Engels). General Catalogue of Variable Stars @ Centre de données astronomiques de Strasbourg, Moskou, Rusland. 12 Februarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2019. Besoek op 24 November 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne