Linda Kasabian | ||
Gebore | 21 Junie 1949 | |
Ander name | Linda Darlene Drouin (geboortenaam) Linda Christian | |
Vonnisbesonderhede | ||
Status | Vry, was staatsgetuie in die moordverhoor van ander lede van die Mansonbende |
Linda Darlene Kasabian (gebore Drouin; 21 Junie 1949) is 'n voormalige lid van die Mansonbende. Hoewel sy teenwoordig was ten tyde van beide die Tate- en LaBianca-moorde, was sy 'n sleutelgetuie in die staatsaanklaer, Vincent Bugliosi, se vervolging van Charles Manson en van sy volgelinge vir die moorde in 1969 en het sy immuniteit gekry.