Lindiwe Mazibuko | |
Parlementêre leier van die DA
| |
Ampstermyn 27 Oktober 2011 – 6 Mei 2014 | |
Voorafgegaan deur | Athol Trollip |
---|---|
Opgevolg deur | Mmusi Maimane |
LP vir Noord-Durban
| |
Ampstermyn 6 Mei 2009 – 21 Mei 2014 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 9 April 1980 |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Alma mater | Universiteit van Kaapstad |
Lindiwe Mazibuko (gebore 9 April 1980) is 'n Suid-Afrikaanse akademikus en 'n voormalige parlementêre leier van die amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie.[1][2] Sy was die land se vierde jongste parlementslid, naas die ANC se Mduduzi Manana, COPE se Luzelle Adams en haar DA-kollega Masizole Mnqasela.[2] Sy is deur sommige bestempel as 'n "opkomende ster in die parlement" en 'n moontlike toekomstige DA-leier.[3][4] Sy is op 27 Oktober 2011 as die DA se parlementêre leier verkies[5][6] nadat sy Athol Trollip net-net in 'n verkiesing verslaan het[7]
Sy is in Mei 2014 deur Mmusi Maimane in die pos opgevolg toe sy kort ná die algemene verkiesing aangekondig het dat sy oorsee verder gaan studeer.[8] Sy het in Mei 2015 haar meestersgraad in Publieke Administrasie by die Harvard-universiteit in Boston verwerf.[9] Sedert September 2015 is sy 'n ingeskrewe student aan die "Harvard Institute of Politics".[10][11] Teen Oktober 2021, is sy die Uitvoerende Direkteur van die Apolitical Academy in Suid-Afrika.[12]