Linus Torvalds | |
---|---|
Linus Torvalds, LinuxCon Europe 2014 | |
Gebore | Linus Benedict Torvalds 28 Desember 1969 |
Nasionaliteit | Finland Verenigde State (sedert 2010)[1][2] |
Beroep | Sagteware-ingenieur |
Bekend vir | Linux kernel, Git |
Eggenoot | Tove Torvalds (née Monni) |
Kinders | 3 |
Ouer(s) | Nils Torvalds (vader) Anna Torvalds (moeder)[3] |
Webwerf | torvalds-family.blogspot.com |
Linus Benedict Torvalds (Sweeds: ; gebore op 28 Desember 1969 in Helsinki, Finland) is die skepper van die vrye Linux bedryfstelselkern. Hy is tans steeds die hoofkoördineerder vir die ontwikkeling van Linux. Met die ontwikkeling van Linux het hy 'n groot rol gespeel om die oopbron en vrye sagteware-beweging in die openbare oog te plaas.