Lionel Messi tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 in Katar | |||
Persoonlike inligting | |||
---|---|---|---|
Geboortenaam | Lionel Andrés Messi Cuccittini[1] | ||
Gebore | 24 Junie 1987 | ||
Geboorteplek | Rosario, Santa Fe, Argentinië | ||
Lengte | 1,70 m[2] | ||
Speelposisie | Voorspeler | ||
Klubinligting | |||
Huidige klub | Inter Miami CF | ||
Nommer | 10 | ||
Jeugloopbaan | |||
1995–2000 | Newell's Old Boys | ||
2000–2003 | Barcelona | ||
Seniorloopbaan* | |||
Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
2003–2004 | Barcelona C | 10 | (5) |
2004–2005 | Barcelona B | 22 | (6) |
2004–2021 | Barcelona | 520 | (474) |
2021–2023 | Paris Saint-Germain | 58 | (22) |
2023– | Inter Miami CF | 25 | (21) |
Nasionale span‡ | |||
2004–2005 | Argentinië o/20 | 18 | (14) |
2007–2008 | Argentinië o/23 | 5 | (2) |
2005– | Argentinië | 189 | (112) |
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga. en korrek soos op 3 Augustus 2023. † Kere uitgedraf (Doele). |
Lionel Andrés "Leo" Messi Cuccittini (gebore 24 Junie 1987 in Rosario, Santa Fe-provinsie, Argentinië) is 'n Argentynse sokkerspeler wat vir die Amerikaanse sokkerklub Inter Miami CF speel. Die voorspeler het van 2004 tot 2021 vir FC Barcelona se eerste span gespeel. Messi besit naas Argentynse ook Spaanse burgerskap. Sy bynaam is La Pulga ("die vlooi") wat hy te danke het aan sy kort lengte en spoed. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 wen hy die trofee vir sy land en word as die speler van die toernooi aangewys.