Lions | ||||
Embleem | Leeu | |||
Stigting | 1996 (Super 10 begin) | |||
Unie | Goue Leeus Rugbyunie | |||
Ligging | Johannesburg | |||
Streek | Johannesburg, Noordwes, Mpumalanga | |||
Stadion | Ellispark | |||
Kapasiteit | 59 611 | |||
President | Kevin de Klerk | |||
Afrigter(s) | Ivan van Rooyen | |||
Kaptein(s) | Marius Louw | |||
Liga(s) | Verenigde Rugbykampioenskap | |||
2022-23 | 4de, Suid-Afrikaanse Skild | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 131 Elton Jantjies | |||
Meeste punte | 1183 Elton Jantjies | |||
Meeste drieë | 33 Courtnall Skosan | |||
Eerste wedstryd | ||||
NSW Waratahs 32 – 11 Transvaal (1 Maart 1996) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Lions 94 – 7 Sunwolves (1 Julie 2017) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Brumbies 64 – 0 Cats (1 April 2000) | ||||
Unie webwerf | ||||
www.lionsrugby.co.za |
Die Lions (tussen 1998 en 2006 bekend as die Cats) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyunie wat aan Superrugby deelgeneem het van 1996 tot 2020, en sedert 2021 aan die Verenigde Rugbykampioenskap. Hulle het aanvanklik nie veel sukses in Superrugby behaal nie en het vyf keer heel onder aan die punteleer geëindig (in 1998, 2003, 2004 en 2008. Hulle het egter ook al daarin geslaag om drie keer tot die halfeindronde deur te dring (in 2000 en 2001 en 2018). Die huidige kaptein van die span is Burger Odendaal.
Die Lions speel in rooi en wit uitrusting en word tans deur Emirates geborg. Die span het op 'n stadium relegasie van die Super 14 in die gesig gestaar na 'n hofbevel waarin beslis is dat die Southern Spears die Suid-Afrikaanse span wat die swakste vaar in die kompetisie in 2006, sal vervang.[1] Die Spears en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het egter 'n skikking bereik. In die skikking, wat op 16 November 2006 aangekondig is, is bepaal dat die Spears in 'n finansiële verknorsing sit en hul saak laat vaar het. Dit het die Lions verseker van 'n plek in die 2007-seisoen.[2]
Nadat die span elke jaar heel laaste geëindig het van 2010 tot 2012, is hul weggelaat uit die 2013 Superrugbykompetisie en hul plek is deur die Southern Kings ingeneem, heelaas vir slegs een seisoen.