Listeriose

Listeriose
Klassifikasie en eksterne bronne
Listeria monocytogenes
Listeria monocytogenes
ICD-10 A32
ICD-9 027.0
DiseasesDB 7503
MedlinePlus   001380
eMedicine med/1312ped/1319
MeSH D008088
Mediese waarskuwing

Listeriose is 'n bakteriële infeksie wat gewoonlik veroorsaak word deur die bakterie Listeria monocytogenes,[1] hoewel die bakterieë L. ivanovii en L. grayi ook al in sekere gevalle aangemeld is. Listeria veroorsaak hoofsaaklik infeksies van die sentrale senuweestelsel (meningitis, meningoencephalitis, breinabses, cerebritis) en bacteremia in diegene wat immuunonderdruk is,[2] swanger vroue, en mense aan die twee uiterstes van ouderdom (pasgeborenes en bejaardes), sowel as gastro-enteritis in gesonde persone wat erg besmet is. Listeria is alomteenwoordig en word hoofsaaklik oorgedra deur die orale roete, na die inname van besmette voedselprodukte, waarna die organisme die dermkanaal binnedring om sistemiese infeksies te veroorsaak. Die diagnose van listeriose vereis die isolasie van die organisme uit die bloed en/of serebrospinale vloeistof. Behandeling sluit in die langdurige administrasie van antibiotika, hoofsaaklik ampisillien en gentamicine, waarvoor die organisme gewoonlik vatbaar is.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Sherris
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Baron

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne