Liu Xiaobo 刘晓波 | |
---|---|
![]() | |
Gebore | 28 Desember 1955 Changchun, Volksrepubliek van China |
Sterf | 13 Julie 2017 Shenyang |
Nasionaliteit | Chinees |
Beroep | Skrywer, digter |
Bekend vir | Chinese menseregte-aktivis Nobelprys vir Vrede-wenner |
Eggenoot | Tao Li (geskei) Liu Xia |
Liu Xiaobo (刘晓波, Changchun, 28 Desember 1955 – Shenyang, 13 Julie 2017) was 'n Chinese menseregte-aktivis. Hy is in 2010 met die Nobelprys vir Vrede bekroon vir sy 'lang en vreedsame stryd om fundamentele menseregte in China'. Liu was ten tyde van die toekenning in die tronk; hy is op 8 Desember 2008 gearresteer en meer as 'n jaar later, op 25 Desember 2009, tot elf jaar gevangenisstraf gevonnis. Die rede hiervoor was sy betrokkenheid by die opstel van Handves 08, 'n manifes vir die demokratisering van China.