Live | |
---|---|
![]() Live in 'n opvoering by die 2008 DC 101 Chili Cookoff | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | York, Pennsylvania, VSA |
Genres | Rock, Alternative rock, Post-grunge, Hard rock |
Jare aktief | 1984–2009, 2011–hede |
Etikette | Sony, BMG, Epic, Radioactive |
Assosiasies | The Gracious Few |
Webwerf | www.freaks4live.com |
Lede | Ed Kowalczyk, Chad Taylor, Patrick Dahlheimer, Chad Gracey |
Gewese lede | Chris Shinn |
Live is 'n Amerikaanse musiekgroep van York, Pennsylvania, wat bestaan uit Chad Taylor (hoofkitaar), Patrick Dahlheimer (baskitaar), Chad Gracey (tromme), en Chris Shinn (hoofsanger). Live se oorspronklike hoofsanger Ed Kowalczyk het die groep in November 2009 verlaat.
Live het wêreldwye sukses behaal met hul 1994 album, Throwing Copper, wat agt miljoen kopieë verkoop het in die VSA.[1] Die groep het 'n string treffers in die middel van die 1990's gehad, insluitende Lightning Crashes, wat op die top van die Billboard Hot Mainstream Rock Tracks Chart was vir 10 agtereenvolgende weke, asook op die Modern Rock Tracks Chart (nou Alternatiewe Songs) vir nege weke vanaf 25 Februarie tot 22 April 1995.[2] Die muskiekgroep het meer as 20 miljoen albums wêreldwyd verkoop.[3] Die verkope van hulle laaste drie ateljee-albums was maar beperk in die VSA, maar het groot sukses te behaal in Nederland, Suid-Afrika en Australasië.
In Maart 2012 het Chris Shinn, voorheen van die groep Unified Theory, Ed Kowalczyk as hoofsanger vervang.[4] In Desember 2016 het Ed weer vir Chris as hoofsanger vervang.