Lizzie van Zyl | |
---|---|
Lizzie op haar sterfbed. | |
Gebore | 1894 |
Sterf | 9 Mei 1901[1] |
Lizzie van Zyl was 'n jeugdige inwoner van Bloemfontein-konsentrasiekamp wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog aan maagkoors gesterf het.[1][2][3] Die Britte het haar opgesluit nadat haar vader, 'n Boere-vegter, geweier het om oor te gee.
Aktivis Emily Hobhouse gebruik haar dood as 'n voorbeeld van hoe swaar die Boerevroue en -kinders in die Britse konsentrasiekampe tydens die oorlog gekry het. Sy beskryf Lizzie as "'n verswakte kindjie met 'n dringende behoefte aan goeie versorging", wat op die laagste rantsoene geplaas is, en 'n maand daarna na die nuwe hospitaal sowat 50 kilometer van die konsentrasiekamp geneem is vir behandeling weens uithongering.
Volgens Hobhouse is sy hardhandig in die hospitaal behandel. Sy was nie in staat om Engels te praat nie en is deur 'n Engelssprekende dokter en sy verpleegsters as 'n idioot bestempel, wat haar glad nie kon verstaan nie. Op 'n dag het sy na haar ma begin roep. 'n Vrou het oorgestap om haar te troos, maar is hardhandig deur een van die verpleegsters onderbreek, wat haar beveel het om nie by die kind in te meng nie, omdat sy 'n oorlas was.[4]
Bloemfontein concentration camp (Typhoid fever, possible severe neglect)
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)