Lockheed C-130 Hercules | |
---|---|
Tipe | Militêre vragvliegtuig |
Vervaardiger | Lockheed |
Nooiensvlug | 23 Augustus 1954 |
Vrygestel | 9 Desember 1957 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Lugmag (USAF) Amerikaanse Marinierskorps (US Marines) Britse Lugmag (RAF) Suid-Afrikaanse Lugmag |
Vervaardig | 1954-huidig |
Aantal gebou | Meer as 2300 tot 2009 |
Eenheidskoste | C-130H: VS$30.1 miljoen |
Weergawes | Lockheed L-100 Hercules |
Die Lockheed C-130 Hercules is 'n middelswaar transportvliegtuig. Dit is 'n 4-motorige turboskroef wat deur baie NAVO-weermagte gebruik word. Die vliegtuig is reeds in die middel-1950's ontwerp en die eerste keer vervaardig, en word in 2006 die derde militêre vliegtuig wat vir langer as 50 jaar by sy eerste gebruiker (in hierdie geval die Amerikaanse Lugmag) in diens is. Die eerste twee was die English Electric Canberra (2001) en die B-52 Stratofortress (2005).
Gedurende sy leeftyd is meer as 40 modelle aan meer as 70 lande verkoop. Airbus is sedert 2005 besig met 'n mededinger vir die C-130, naamlik hul Airbus A400M Atlas.