Lodewyk die Duitser | |
Seël van Lodewyk die Duitser | |
Ampstermyn 843 – 876 | |
Voorafgegaan deur | Lodewyk I die Vrome |
Opgevolg deur | Karloman van Beiere Lodewyk III die jongere Karel III die Dikke |
Ampstermyn 869 – 876 | |
Voorafgegaan deur | Lotarius II |
Opgevolg deur | Lodewyk III die jongere |
Ampstermyn 829 – 865 | |
Voorafgegaan deur | Lodewyk die Vrome |
Opgevolg deur | Karloman van Beiere |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 806 |
Sterf | 28 Augustus 876 Frankfurt am Main |
Lodewyk die Duitser (806 — 28 Augustus 876, Frankfurt am Main), ook bekend as Lodewyk II of Lodewyk die Beier)[1] was 'n kleinseun van Karel die Grote en die derde seun van die Frankiese keiser Lodewyk die Vrome en sy eerste vrou, Ermengarde van Haspengouw.
Na uitgerekte botsings met sy vader en sy broers het Lodewyk die Oos-Frankiese koninkryk in die Verdrag van Verdun (843) ontvang. Sy pogings om sy halfbroer Karel die Kale se Wes-Frankiese koninkryk in 858–59 te verower, was onsuksesvol. Die 860's is gekenmerk deur 'n ernstige krisis, met die Oos-Frankiese rebellies van sy seuns, sowel as stryd om oppergesag oor sy ryk te handhaaf. In die Verdrag van Meerssen het hy Lotaringe vir die Oos-Frankiese koninkryk in 870 verkry. Aan die ander kant het hy probeer en misluk om beide die titel van Keiser en Italië op te eis. In die Ooste kon Lodewyk in 874 'n langertermyn-vredesooreenkoms bereik ná dekades se konflik met die Morawiërs. Sy bewind het 'n merkbare afname getoon in die skepping van geskrewe administratiewe- en regeringsdokumente, 'n neiging wat tot in Ottoniese tye sou voortduur.[2]
Lodewyk II het in 817 die hertog van Beiere geword omdat dit die gewoonte was van Karel die Grote om 'n plaaslike koninkryk te skenk aan 'n familielid, wat dan kon dien as die plaaslike goewerneur en as een van sy luitenante. Toe sy vader, Lodewyk I (bekend as "die Vrome"), die ryk in 817 verdeel het met die Ordinatio Imperii het hy Beiere as grondgebied ontvang. Na die oorlye van sy vader in 840 het hy in 843 met die Verdrag van Verdun koning van Oos-Frankië geword, 'n streek wat die stroomgebied van die Elbe oorspan, van Jutland suid-oostelik deur die Thüringewoud tot in vandag se Beiere.
Kort na sy dood (toe Oos-Frankië die koninkryk van Duitsland geword het) het hy die benaming "Germanicus" gekry as erkenning vir die feit dat die grootste gedeelte van sy grondgebied in die voormalige Magna Germania lê.