Lodewyk XVI | |
---|---|
Koning van Frankryk en Navarra | |
Lodewyk XVI van Frankryk | |
Dinastie | Bourbon |
Bewind | 10 Mei 1774 – 21 September 1792 |
Kroning | 11 Junie 1775 |
Volle naam | Louis Auguste de France |
Gebore | 23 Augustus 1754 |
Versailles, Frankryk | |
Gesterf | 21 Januarie 1793 |
Parys | |
Voorganger | Lodewyk XV |
Opvolger | Maximilien Robespierre |
Gade | Marie Antoinette |
Vader | Loedewyk, Dauphin van Frankryk (1729–1765) |
Moeder | Prinses Maria Josepha van Sakse |
Lodewyk XVI (23 Augustus 1754 – 21 Januarie 1793) was die laaste koning van Frankryk voor die val van die monargie tydens die Franse rewolusie. Daar is na hom verwys as Citizen Louis Capet gedurende die vier maande net voor sy teregstelling by wyse van die guillotine. In 1765, na die dood van sy vader, Louis, Dauphin van Frankryk (seun van Louis XV), word hy die nuwe Dauphin.
Met die dood van sy oupa Lodewyk XV op 10 Mei 1774, neem hy tot 4 September 1791 die titel Koning van Frankryk en Navarra aan, toe hy die titel van Koning van "die Franse" ontvang, tot en met die afskaffing van die monargie op 21 September 1792.