Kenteken gebruik vanaf 1981 tot 1988Kenteken gebruik vanaf 1997 to 2015Logitech handel dryf as Logicool (ロジクール) in Japan.
Logitech International S.A. is 'n Switserse maatskappy en 'n multinasionale vervaardiger van rekenaarrandapparatuur en sagteware, met wêreldwye hoofkwartier in Lausanne, Switserland.[1][2][3]Die maatskappy het kantore regoor Europa, Asië, Oseanië en die Amerikas, en is een van die wêreld se voorste vervaardigers van invoer- en koppelvlaktoestelle vir persoonlike rekenaars (PR) en ander digitale produkte. Dit is 'n komponent van die vlagskip Switserse markindeks.
Die maatskappy ontwikkel en bemark persoonlike randapparatuur vir rekenaarnavigasie, videokommunikasie en samewerking, musiek en slimhuise. Dit sluit produkte soos sleutelborde, muise, tabletbykomstighede, oorfone en kopstukke, webkameras, Bluetooth-luidsprekers, universele afstandbeheerders en meer in. Die naam is afgelei van logiciel, die Franse woord vir sagteware en 'tegnologie'.[4]
↑ 1,01,1"FORM 10-K" (PDF). Washington, USA: United states SECURITIES AND EXCHANGE COMMISSION. 3 May 2023. p. 3. "Founded in 1981, and headquartered in Lausanne, Switzerland, Logitech International is a Swiss public company listed on the SIX Swiss Exchange (LOGN) and on the Nasdaq Global Select Market (LOGI). Logitech's website address is www.logitech.com."
↑"About Logitech - Our Story". Lausanne, Switzerland. 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2023. Afgehaal 30 Desember, 2023. "A Swiss company focused on innovation and quality, Logitech designs products and experiences that have an everyday place in people's lives. For more than 40 years, ..."