Lohengrin is 'n romantiese opera van die komponis Richard Wagner. Die première was op 28 Augustus 1850 in Weimar, onder leiding van Franz Liszt. Die basis vir die verhaal is geneem uit Wolfram von Eschenbach se Parsival-epos en die Middeleeuse legendes van die Heilige Graal. Dit is een van Wagner se vroeë operas, wat 'n redelik konvensionele patroon van arias volg, soms met koor, afgewissel met resitatief.[1]