Lola was 'n Engelse vervaardiger van renmotors, opgerig in 1961 deur Eric Broadley in Huntingdon, en na 'n bankrotskap in 2012 ontbind.
Lola was bekend in motorwedrenne maar het ook 'n roeibootafdeling Lola Aylings gehad. In 1997, na 'n onsuksesvolle Formule Een-avontuur met Lola MasterCard, is Lola deur Martin Birrane gekoop.
Lola het uithouvermoë-motors gebou sedert sy ontstaan. Die Lola T70 was suksesvol in die Wêreld-uithouvermoëkampioenskap en in die Can-Am-reeks. In die tagtigerjare het Lola motors vir IMSA GTP gebou. Die motors was toegerus met Cosworth-, Mazda- of Chevrolet-enjins. Die Lola B2K/10 het verskeie oorwinnings in die Amerikaanse Le Mans-reeks behaal. Die Lola B05/40 het hierdie klas in 2005 en 2006 gewen. Die Dyson Racing-span het die motor by die 24-uur Le Mans gebruik.