Die Lombarde (ook Langobarde of Longobarde) was 'n Wes-Germaanse volk wat aan die oewers van die Elbe gewoon het. Die Romeine het hulle al in 98 geken toe Tacitus hulle noem in sy "De origine et situ Germanorum".
Die Lombarde, wat verwys het na die lang baardgroei wat aan hulle toegeskryf word, het oorspronklik in Skandinawië gewoon. Hulle taal was Lombardies. Vanuit suidelike Swede het die oer-Lombarde die Oossee oorgesteek, waarskynlik as deel van die Semnones waarvan hulle geskei het om in 'n nuwe woongebied aan die onderloop van die Elbe te vestig. Hulle het tussen 568 en 774 die grootste deel van die Italiaanse Skiereiland verower.[1][2][3]