Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Lorasepam | |
---|---|
![]() ![]() | |
Algemeen | |
Sistematiese naam | 7-chloor-5-(2-chloorfeniel) -3-hidroksie-1,3-dihidro- 1,4-bensodiasepien-2-oon |
Chemiese formule | C15H10Cl2N2O2 |
Molêre massa | 321,2 g/mol |
CAS-registernommer | 846-49-1 |
Farmakokinetika | |
Roete van toediening | Oraal & inspuiting (IM of IV) |
Biobeskikbaarheid | 85% (per mond geneem) |
Metabolisme | Lewer |
Uitskeiding | Niere |
Eliminasie-halfleeftyd | 10–20 ure[1][2] |
Lorasepam, onder andere verkoop onder die naam Ativan, is 'n bensodiasepien medikasie. Dit word gebruik vir die behandeling van angsversteurings, probleme met slaap, aktiewe aanvalle insluitende status epileptikus, alkoholonttrekking, en chemoterapie-veroorsaakte naarheid en braking, sowel as tydens operasies om geheuevorming te rem, en om diegene te sedeer wat meganies geventileer word.[3][4] Terwyl dit gebruik kan word vir ernstige ontroering, word midasolam gewoonlik verkies. Dit word ook gebruik, saam met ander behandelings, vir akute koronêre sindroom as gevolg van kokaïengebruik. Dit kan per mond of as 'n inspuiting in 'n spier of aar toegedien word. Indien toegedien per inspuiting is die aanvang van effekte tussen een en dertig minute, en die gevolge duur vir tot 'n dag.
Algemene newe-effekte sluit in swakheid, slaperigheid, lae bloeddruk, en 'n afname in die poging om asem te haal. Indien binneaars toegedien moet die pasiënt noukeurig gemonitor word. Diegene wat depressief is mag dalk 'n verhoogde risiko van selfmoord toon.[5] Met langtermyngebruik mag groter dosisse naderhand vereis word om dieselfde effek te verkry. Fisiese sowel as sielkundige afhanklikheid kan voorkom. As dit skielik na langtermyngebruik gestaak word, kan bensodiasepien onttrekkingsindroom voorkom. By bejaardes ontwikkel nadelige gevolge meer dikwels.[6] In hierdie ouderdomsgroep word lorasepam in verband gebring met val- en heupfrakture.[7] As gevolg van hierdie bekommernisse, word die gebruik van lorasepam slegs aanbeveel vir tot twee tot vier weke.[8]